From R1,500 Per Night
R 1,950
R 1,800
R 1,500
R 1,500
Huisie by die see. slaap 5
'n Stukkie Hemel Cottage is 'n selfsorghuis in die stil en veilige woongebied van De Kelders. Hierdie bekoorlike huisie is die perfekte vakansieplek vir gaste om te ontspan en is troeteldiervriendelik indien dit vooraf met die eienaar gereël word.
Die huis bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en 'n leefarea. Die ruim hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, en dit lei na 'n stoep met 'n see-uitsig. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, 1 driekwartbed, 'n en-suite badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak, en dit het ook 'n skuifdeur na buite.
Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, prutpot, en 'n ketel in. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die eetarea het sitplek vir 5 en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n dubbelslaapbank en 'n TV met die volledige DStv-kanale. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die huis lei na 'n lieflike stoep met see uitsig vanwaar gaste asemrowende sonsondergange oor die see kan geniet. Die stoep het buitemeubels, braaigeriewe en 'n uitsig oor die groot, omheinde tuin.
In geval van beurtkrag is daar 'n gasbottel beskikbaar vir kookdoeleindes, asook noodlampies en kerse.
Die huis is een blok vanaf die Walkerbaaikus. Die strande en grotte is 186 m vanaf die huis en daar is verskeie voetslaanroetes in die omgewing.
Features
Bedrooms - 2
Bathrooms - 2
Living Areas
Kitchen
Exterior
Parkings - 1
Notes
Sleutels in 'n sluitboks 2230. Blou vir alarm. Laat weet Elze van booking om DSTV aan te sit.Get Email Alerts
Sign-up and receive Property Email Alerts of Houses to let in De Kelders, Gansbaai.
Disclaimer: While every effort will be made to ensure that the information contained within the Dormehl Phalane Property Group website is accurate and up to date, Dormehl Phalane Property Group makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.